Die term Interaktiewe Witbord vat my terug na my skooldae toe ek as
graad 10 leerder in die Wetenskap-klasse na hierdie groot wit bord voor my
gestaar het. Ek het gedink dis
ongelooflike tegnologie. Die grootste
deel van my skoolloopbaan was ek bekend met die gewone swart bord en
bordkryt.
Die Interaktiewe Witbord is ‘n
groot interaktiewe skerm, gekoppel aan ‘n rekenaar / skootrekenaar. Die rekenaar is weer gekoppel aan ‘n
projektor wat beeld op die groot wit skerm projekteer. Wat hierdie wit bord spesiaal maak, is dat
dit nie soos gewone wit skerms net die beeld wys nie. Daar kan met hom alleenlik gewerk word sonder
die hulp van die muis van die rekenaar.
Jy kan met jou vingers / spesiale skryfpenne op die witbord werk. Jy kan ook verskeie funksies op die witbord
gebruik om sekere dele van jou inhoud wat jy projekteer, te beklemtoon.
Die potensiaal van hierdie witbord in die klaskamer is enorm. Jy kan byvoorbeeld op die internet gaan en
data / beeldmateriaal verkry en op die Interaktiewe Witbord projekteer om virleerders
op verskeie vakgebiede te wys. Indien
daar op die witbord geskryf of geteken word, kan daardie dokument gestoor word
op die rekenaar vir latere gebruik.
Soos reeds genoem is daar spesiale skryfpenne vir hierdie bord. Daar is ook ander funksies soos bv. liniale,
highlighters en gradeboƫ, wat die werk van die onderwyser vergemaklik.
In die wetenskaplike klaskamer is hierdie Interaktiewe Witbord ‘n
uitstekende belegging. Omdat daar van
baie sketse gebruik gemaak word, kan die onderwyser dit duidelik op hierdie
witbord uitlig met behulp van al die bogenoemde funksies van hierdie
witbord. Dit vergemaklik onderrig
beslis. Leerders se belangstelling word
ook dadelik gekweek en dit vergemaklik ook hulle manier van leer, omdat dit ‘n
afwyk van die normale swartbord en bordkryt.
Hierdie vorm van tegnologie is definitief iets om te oorweeg vir
onderrig in die toekoms.