Tuesday, 5 April 2016

Interaktiewe Witbord in die klaskamer


Die term Interaktiewe Witbord vat my terug na my skooldae toe ek as graad 10 leerder in die Wetenskap-klasse na hierdie groot wit bord voor my gestaar het.  Ek het gedink dis ongelooflike tegnologie.  Die grootste deel van my skoolloopbaan was ek bekend met die gewone swart bord en bordkryt. 

Die  Interaktiewe Witbord is ‘n groot interaktiewe skerm, gekoppel aan ‘n rekenaar / skootrekenaar.  Die rekenaar is weer gekoppel aan ‘n projektor wat beeld op die groot wit skerm projekteer.  Wat hierdie wit bord spesiaal maak, is dat dit nie soos gewone wit skerms net die beeld wys nie.  Daar kan met hom alleenlik gewerk word sonder die hulp van die muis van die rekenaar.  Jy kan met jou vingers / spesiale skryfpenne op die witbord werk.  Jy kan ook verskeie funksies op die witbord gebruik om sekere dele van jou inhoud wat jy projekteer, te beklemtoon.

Die potensiaal van hierdie witbord in die klaskamer is enorm.  Jy kan byvoorbeeld op die internet gaan en data / beeldmateriaal verkry en op die Interaktiewe Witbord projekteer om virleerders op verskeie vakgebiede te wys.  Indien daar op die witbord geskryf of geteken word, kan daardie dokument gestoor word op die rekenaar vir latere gebruik.

Soos reeds genoem is daar spesiale skryfpenne vir hierdie bord.  Daar is ook ander funksies soos bv. liniale, highlighters en gradeboë, wat die werk van die onderwyser vergemaklik.

In die wetenskaplike klaskamer is hierdie Interaktiewe Witbord ‘n uitstekende belegging.  Omdat daar van baie sketse gebruik gemaak word, kan die onderwyser dit duidelik op hierdie witbord uitlig met behulp van al die bogenoemde funksies van hierdie witbord.  Dit vergemaklik onderrig beslis.  Leerders se belangstelling word ook dadelik gekweek en dit vergemaklik ook hulle manier van leer, omdat dit ‘n afwyk van die normale swartbord en bordkryt.

Hierdie vorm van tegnologie is definitief iets om te oorweeg vir onderrig in die toekoms.

 

Tuesday, 15 March 2016

Die doeltreffende klaskamer


Die doeltreffende klaskamer

As onderwyseres dink ek dit is baie belangrik en ook waardevol om vir leerders ‘n omgewing te skep waar hulle tuis en gemaklik voel om deel te wees van die klasgesprek en leeromgewing.  ‘n Omgewing moet geskep word waar hulle gretig is om deel te neem en ook een wat die leerproses motiveer.

 

Daar is ongelukkig vele faktore wat ‘n rol speel wat dit nie altyd maklik maak om hierdie ideale omgewing te skep nie. Onder andere, leerders se gedrag kan nie altyd voorspel word nie en daarom kan daar nie ‘n “perfekte” klasomgewing beplan word nie.  Wills redeneer dat die leerders se gedrag dikwels die rede sal wees dat belangrike gebeure in die klas gemis word en selfs nie eers plaasvind nie.

 

‘n Ander faktor wat ‘n invloed het op die rustige leeromgewing is geraas.  Dit is die onderwyser/onderwyseres se plig om so saam met tegnologie en pedagogie te ontwikkel dat dit op die beste moontlike manier gebruik kan word om hierdie faktore te oorkom.  Ons as onderwysers moet kan aanpas en soveel as moontlik van ons kant af doen om hierdie struikelblokke te oorkom.

 

Doeltreffende betrokkenheid van leerlinge in die klaskamer en leeromgewing kan bevorder word deur doeltreffende gebruik van digitale pedagogie.  Elke onderwyser is in staat om hierdie omgewing te skep.

 

C.S. LEWIS het gesê : “The task of the modern educator is not to cut down jungles, but to irrigate deserts.”

Tuesday, 8 March 2016

Afstandleer en Tegnologie


“Education must begin with the solution of the

teacher-student contradiction, by reconciling the

poles of the contradiction so that both are

simultaneously teachers and students.” 

 

Hierdie is die woorde van Paulo Freire in die Pedagogy of the Oppressed.

 

 Ek moet erken, ek moes dit ‘n paar keer oor en oor lees sodat ek kan verstaan wat daar gesê word.  En dit maak 100% sin.  Hierdie teenstrydigheid is noodsaaklik.  Onderwys gaan nie oor net die onderwyser as fasiliteerder en net die leerder as ontvanger van kennis nie. Nee, die onderwyser moet ook deur die leerder kennis opbou en by die leerder leer, veral oor wat die leerder se siening is.  Dit is ‘n tweerigting aspek.

 

Information and Communication Technology, beter bekend as ICT, is iets wat ‘n dominerende rol in die onderrig omgewing speel en dit beperk digitale geletterdheid.  Dit veroorsaak ‘n “blok” in die geleentheid vir leerders om opinies en idees te lewer.  Hulle siening oor sake word beperk en ek dink dit maak leerders ook minder kreatief.  Ek kom weer terug na die woorde van Paulo Freire, wat meen dat daar ‘n teenstrydigheid moet wees tussen onderwyser en leerder.  Dit bevorder interaksie en kommunikasie van beide.

Soos ek in my vorige blogs genoem het, ontwikkel tegnologie en wetenskap by die dag, en dat ons op daaglikse basis daarby moet aanpas.  Ek ondersteun afstandleer 100%, want dit is nog ‘n manier hoe ons aanpas by tegnologie, en dit vergemaklik die lewe van baie student.  Dit sal ‘n goeie ding wees om sosiale media hierby te betrek.  Die nuwe digitale hulpmiddels wat beskikbaar is vir studente, maak die deure oop vir kreatiwiteit en verbeelding.  Ook vir kennis.  Die ICT literatuur standaarde verwys ook na digitale tegnologie as aanvullings vir vakke. Dus dien dit as hulpmiddels vir leer en onderrig, en nie net ‘n proses van onderrig nie. Indien hierdie tegnologie benader word asof dit ‘n leerproses is, en op ‘n speelse manier aangewend word, kan dit lei tot belangrike ontdekkings en wetenskaplike bevordering..

Die leerders is nie net ontvangers van kennis nie, maar die skrywers van hulle eie onderrig ervaring.

Ek sluit my vierde blog af met die volgende aanhaling van Henry Ford.

 

“Coming together is a beginning; keeping together is progress; working together is success.”

 

 

Tuesday, 1 March 2016

Sosiale Media in die Klaskamer


Sosiale Media in die Klaskamer

 

As jy hierdie onderwerp 10 jaar terug genoem het, sou almal jou verstom aangegluur het.  Wat beteken Sosiale Media in die Klaskamer nou eintlik?

 

Ek glo dat Sosiale Media, soos tegnologie, daagliks verbeter en ontwikkel.  Ek glo ook dat as dit op die regte manier gebruik word, verryk dit ons lewens en verbreed dit ook ons kennis.  Maar – daar is perke, en sodra dit misbruik word, kan dit tot negatiewe gevolge lei.

 

In my kurrikulum vakgebiede, naamlik Lewenswetenskap en Wiskundige Geletterdheid, dink ek daar is taamlik goeie maniere om van sosiale media gebruik te maak.  In Lewenswetenskap kan Youtube veral, gebruik word om verskeie biochemiese prosesse visueel aan leerders te verduidelik. 

 

Ek kan van twitter gebruik maak om opdragte aan leerders deur te gee, en ek kan hulle ook aanmoedig om ‘n respons te lewer via ‘n twiet.  “Links” kan opgelaai word en leerders kan gaan selfstudie doen deur net op die “link” te druk.  Dan is daar Instagram, die gewilde manier om foto’s op te laai en te “hashtag”.  Leerders kan daardie “hashtags” ook volg om ‘n visuele illustrasie van sekere fotos in die Lewenswetenskap veld te bekom.

 

Leerders moet wel eers bewus wees van die goed en die sleg van sosiale media, dus sal dit goed wees as ‘n inligtingsessie vir hulle aangebied word om die verskeie faktore op sosiale veld te verstaan.  Volgend Provenzano word daar gestel dat wanneer kommentaar gelewer word as respons, dit kommunikasie en dieper denke stimuleer.  Dit dra dan ook by tot ‘n goeie klasgesprek en laat leerders toe om onder mekaar en met my as onderwyser te redeneer en tot ‘n gevolgtrekking te kom.

 

Sosiale media dra by tot die vermoë van onderwysers en leerders om met mekaar te kommunikeer op ‘n tegnologiese vlak, en maak die proses van pedagogiese ervaringe beter.

 

Ek het in my vorige blogs ook genoem dat tegnologie daagliks ontwikkel en verbeter, en dit is algemeen dat sosiale media ook so vinnig ontwikkel.  Leerders is daarom heeltyd bewus van onmiddelike veranderinge en pas daarby aan.  In die wetenskaplike wêreld word daar ook daagliks nuwe dinge uitgevind, en ons kan deur middel van sosiale media vroegtydig bewus wees van hierdie studies.

 

Vicki Davis meen dat mens nie noodwendig heeltyd die gewildste sosiale media moet gebruik nie.  Dit is as hulpmiddel tot ons beskikking vir wanneer ons dit mag nodig kry.

 

Ek stem saam.  Sosiale media is daar om tot ons voordeel te gebruik.  Soos wat tegnologie en wetenskap daagliks ontwikkel, kan ek nie sien waarom ons hierdie manier van kommunikasie nie kan gebruik nie.

 

 

Tuesday, 23 February 2016

Digital Pedagogy - Eye Opener !!


Toe ek Donderdag in die klas sit en Mnr se vir ons hy gaan vir ons NOG ‘n video wys, het my moed taamlik in my skoene gesak.  Die eerste vyf minute van die video was toe verby en skielik was my aandag 120% op die video gefokus.  Die video het my beslis emosioneel aangeraak, vir die blote feit dat mens nie altyd ander se OMSTANDIGHEDE besef en ook besef watter invloed onderwysers op ander se lewe het nie.  Party leerders gaan skool waar tegnologie vrylik beskikbaar is, digitale pedagogie is algemeen, en die leerproses is so maklik.  Ander gaan skool waar daar nie eers handboeke is nie, geen vorm van tegnologie is beskikbaar nie, want daar is nie geld nie.  Onderwysers moet dus inspring en die beste maak van wat beskikbaar is.  Ek is so dankbaar vir die geleentheid wat ek kon kry om daardie video met hoendervleis te kon sit en kyk en ‘n ander prentjie van die onderwys-lewe te kon kry.

In die artikel “Decoding Digital Pedagogy, PT. 1: BEYOND THE LMS” het ek raakgelees dat daar ‘n misverstand tussen Digitale Pedagogie en aanlyn onderrig is.  Daar word soms aangeneem dat dit sinoniem met mekaar is.  Dit is duidelik dat dit nie so is nie, vir die rede dat elke onderwyser nie ‘n pedagoog is ie, en dat pedagogie nie beperk is tot die klaskamer nie.

Ek stem saam met die idee dat elke onderwyser sy / haar eie manier van onderrig het, en so is daar ook ‘n verskil tussen leerders oor hoe hulle leer en op watter manier hulle onderrig verstaan, of daar nou werk gemaak word van Digitale Pedagogie of nie.  Daar word ook gestel dat LMS (“Learning Management Systems”), met ander woorde aanlyn onderrig, nie noodwendig ‘n effektiewe idee was nie aangesien dit die leerproses beperk.

Leerders kry nie die geleentheid om hulle volle potensiaal te bereik en kreatiewe werk te lewer as die manier van onderrig so eenvoudig is nie.

Digitale Pedagogie aan die ander kant, bied ‘n wye reeks maniere om te improviseer en te eksperimenteer, daar is dus meer opsies.  Maar ons as mense moet van ons kant af ook navorsing doen en ervaring verkry om aan die einde van die dag ‘n goeie gebruiker van Digitale Pedagogie te wees.
 
Dit is belangrik dat ons as onderwysers besef dat digitale pedagogie 'n onderrig metode is waar leerlinge sentraal gestel word en onderwysers hulpmiddels beskikbaar stel sodat leerders effektiewe onderrig kan ontvang.

 

Wednesday, 17 February 2016

Wednesday , 17 February 2016

Digital WHAT..?

The first reaction on many of our faces.  It took me a while to pronounce it correctly, and after that, some research followed.

Digital Pedagogy refers to teaching and learning by making use of technology.  As technology develops every day, I believe there is no certain or definite way of using digital pedagogy.  A teacher therefore must adapt to his/her lessons in such a way to accomodate the development of technology.

In a prescribed article, Fyfe (2011) stated that for you in order to be a “digital humanist”, you do not need a computer.  I feel you don’t need technology and digital equipment in order to engage with the students/learners in front of you.  Don’t rely on digital tools to make your task easier.  Teachers should be able to make use of different teaching styles, because as technology changes, your use of digital equipment and way of teaching should adapt.  The same type of source may become boring to the learners / students and you may lose their interest.

 

Teachers should inspire them to become critical thinkers and be creative in different fields of learning.  The digital side may help them to deliver better work by using better ways of doing research and expand their knowledge.

Taking out the advantage of digital pedagogy, we as teachers can help learners to become the better future of tomorrow.