Toe ek Donderdag in die klas sit en Mnr se
vir ons hy gaan vir ons NOG ‘n video wys, het my moed taamlik in my skoene
gesak. Die eerste vyf minute van die
video was toe verby en skielik was my aandag 120% op die video gefokus. Die video het my beslis emosioneel aangeraak,
vir die blote feit dat mens nie altyd ander se OMSTANDIGHEDE besef en ook besef
watter invloed onderwysers op ander se lewe het nie. Party leerders gaan skool waar tegnologie
vrylik beskikbaar is, digitale pedagogie is algemeen, en die leerproses is so
maklik. Ander gaan skool waar daar nie
eers handboeke is nie, geen vorm van tegnologie is beskikbaar nie, want daar is
nie geld nie. Onderwysers moet dus
inspring en die beste maak van wat beskikbaar is. Ek is so dankbaar vir die geleentheid wat ek
kon kry om daardie video met hoendervleis te kon sit en kyk en ‘n ander
prentjie van die onderwys-lewe te kon kry.
In die artikel “Decoding Digital Pedagogy,
PT. 1: BEYOND THE LMS” het ek raakgelees dat daar ‘n misverstand tussen
Digitale Pedagogie en aanlyn onderrig is.
Daar word soms aangeneem dat dit sinoniem met mekaar is. Dit is duidelik dat dit nie so is nie, vir
die rede dat elke onderwyser nie ‘n pedagoog is ie, en dat pedagogie nie beperk
is tot die klaskamer nie.
Ek stem saam met die idee dat elke
onderwyser sy / haar eie manier van onderrig het, en so is daar ook ‘n verskil
tussen leerders oor hoe hulle leer en op watter manier hulle onderrig verstaan,
of daar nou werk gemaak word van Digitale Pedagogie of nie. Daar word ook gestel dat LMS (“Learning
Management Systems”), met ander woorde aanlyn onderrig, nie noodwendig ‘n
effektiewe idee was nie aangesien dit die leerproses beperk.
Leerders kry nie die geleentheid om hulle volle
potensiaal te bereik en kreatiewe werk te lewer as die manier van onderrig so
eenvoudig is nie.
Digitale Pedagogie aan die ander kant, bied
‘n wye reeks maniere om te improviseer en te eksperimenteer, daar is dus meer
opsies. Maar ons as mense moet van ons
kant af ook navorsing doen en ervaring verkry om aan die einde van die dag ‘n
goeie gebruiker van Digitale Pedagogie te wees.
Dit is belangrik dat ons as onderwysers besef dat digitale pedagogie 'n onderrig metode is waar leerlinge sentraal gestel word en onderwysers hulpmiddels beskikbaar stel sodat leerders effektiewe onderrig kan ontvang.
No comments:
Post a Comment