Sosiale Media in
die Klaskamer
As jy hierdie onderwerp 10 jaar terug genoem het, sou almal jou verstom
aangegluur het. Wat beteken Sosiale
Media in die Klaskamer nou eintlik?
Ek glo dat Sosiale Media, soos tegnologie, daagliks verbeter en
ontwikkel. Ek glo ook dat as dit op die
regte manier gebruik word, verryk dit ons lewens en verbreed dit ook ons
kennis. Maar – daar is perke, en sodra
dit misbruik word, kan dit tot negatiewe gevolge lei.
In my kurrikulum vakgebiede, naamlik Lewenswetenskap en Wiskundige
Geletterdheid, dink ek daar is taamlik goeie maniere om van sosiale media
gebruik te maak. In Lewenswetenskap kan
Youtube veral, gebruik word om verskeie biochemiese prosesse visueel aan leerders
te verduidelik.
Ek kan van twitter gebruik maak om opdragte aan leerders deur te gee, en
ek kan hulle ook aanmoedig om ‘n respons te lewer via ‘n twiet. “Links” kan opgelaai word en leerders kan
gaan selfstudie doen deur net op die “link” te druk. Dan is daar Instagram, die gewilde manier om
foto’s op te laai en te “hashtag”.
Leerders kan daardie “hashtags” ook volg om ‘n visuele illustrasie van
sekere fotos in die Lewenswetenskap veld te bekom.
Leerders moet wel eers bewus wees van die goed en die sleg van sosiale
media, dus sal dit goed wees as ‘n inligtingsessie vir hulle aangebied word om
die verskeie faktore op sosiale veld te verstaan. Volgend Provenzano word daar gestel dat
wanneer kommentaar gelewer word as respons, dit kommunikasie en dieper denke
stimuleer. Dit dra dan ook by tot ‘n
goeie klasgesprek en laat leerders toe om onder mekaar en met my as onderwyser
te redeneer en tot ‘n gevolgtrekking te kom.
Sosiale media dra by tot die vermoë van onderwysers en leerders om met
mekaar te kommunikeer op ‘n tegnologiese vlak, en maak die proses van
pedagogiese ervaringe beter.
Ek het in my vorige blogs ook genoem dat tegnologie daagliks ontwikkel en
verbeter, en dit is algemeen dat sosiale media ook so vinnig ontwikkel. Leerders is daarom heeltyd bewus van
onmiddelike veranderinge en pas daarby aan.
In die wetenskaplike wêreld word daar ook daagliks nuwe dinge uitgevind,
en ons kan deur middel van sosiale media vroegtydig bewus wees van hierdie
studies.
Vicki Davis meen dat mens nie noodwendig heeltyd die gewildste sosiale
media moet gebruik nie. Dit is as
hulpmiddel tot ons beskikking vir wanneer ons dit mag nodig kry.
Ek stem saam. Sosiale media is daar om tot ons voordeel te
gebruik. Soos wat tegnologie en
wetenskap daagliks ontwikkel, kan ek nie sien waarom ons hierdie manier van
kommunikasie nie kan gebruik nie.
No comments:
Post a Comment