Die
doeltreffende klaskamer
As
onderwyseres dink ek dit is baie belangrik en ook waardevol om vir leerders ‘n
omgewing te skep waar hulle tuis en gemaklik voel om deel te wees van die
klasgesprek en leeromgewing. ‘n Omgewing
moet geskep word waar hulle gretig is om deel te neem en ook een wat die
leerproses motiveer.
Daar is
ongelukkig vele faktore wat ‘n rol speel wat dit nie altyd maklik maak om
hierdie ideale omgewing te skep nie. Onder andere, leerders se gedrag kan nie
altyd voorspel word nie en daarom kan daar nie ‘n “perfekte” klasomgewing
beplan word nie. Wills redeneer dat die
leerders se gedrag dikwels die rede sal wees dat belangrike gebeure in die klas
gemis word en selfs nie eers plaasvind nie.
‘n
Ander faktor wat ‘n invloed het op die rustige leeromgewing is geraas. Dit is die onderwyser/onderwyseres se plig om
so saam met tegnologie en pedagogie te ontwikkel dat dit op die beste moontlike
manier gebruik kan word om hierdie faktore te oorkom. Ons as onderwysers moet kan aanpas en soveel
as moontlik van ons kant af doen om hierdie struikelblokke te oorkom.
Doeltreffende
betrokkenheid van leerlinge in die klaskamer en leeromgewing kan bevorder word
deur doeltreffende gebruik van digitale pedagogie. Elke onderwyser is in staat om hierdie
omgewing te skep.
C.S.
LEWIS het gesê : “The task of the modern educator is not to
cut down jungles, but to irrigate deserts.”
No comments:
Post a Comment