“Education must begin with the solution of
the
teacher-student contradiction, by reconciling
the
poles of the contradiction so that both are
simultaneously teachers and students.”
Hierdie
is die woorde van Paulo Freire in die Pedagogy
of the Oppressed.
Ek moet erken, ek moes dit ‘n paar keer oor en
oor lees sodat ek kan verstaan wat daar gesê word. En dit maak 100% sin. Hierdie teenstrydigheid is noodsaaklik. Onderwys gaan nie oor net die onderwyser as
fasiliteerder en net die leerder as ontvanger van kennis nie. Nee, die
onderwyser moet ook deur die leerder kennis opbou en by die leerder leer, veral
oor wat die leerder se siening is. Dit
is ‘n tweerigting aspek.
Information and Communication Technology, beter bekend as ICT, is iets wat ‘n dominerende rol in die
onderrig omgewing speel en dit beperk digitale geletterdheid. Dit veroorsaak ‘n “blok” in die geleentheid
vir leerders om opinies en idees te lewer.
Hulle siening oor sake word beperk en ek dink dit maak leerders ook
minder kreatief. Ek kom weer terug na
die woorde van Paulo Freire, wat meen dat daar ‘n teenstrydigheid moet wees
tussen onderwyser en leerder. Dit
bevorder interaksie en kommunikasie van beide.
Soos ek in my vorige blogs genoem
het, ontwikkel tegnologie en wetenskap by die dag, en dat ons op daaglikse
basis daarby moet aanpas. Ek ondersteun
afstandleer 100%, want dit is nog ‘n manier hoe ons aanpas by tegnologie, en
dit vergemaklik die lewe van baie student.
Dit sal ‘n goeie ding wees om sosiale media hierby te betrek. Die nuwe digitale hulpmiddels wat
beskikbaar is vir studente, maak die deure oop vir kreatiwiteit en
verbeelding. Ook vir kennis. Die ICT literatuur standaarde verwys ook na
digitale tegnologie as aanvullings vir vakke. Dus dien dit as hulpmiddels vir
leer en onderrig, en nie net ‘n proses van onderrig nie. Indien hierdie
tegnologie benader word asof dit ‘n leerproses is, en op ‘n speelse manier
aangewend word, kan dit lei tot belangrike ontdekkings en wetenskaplike bevordering..
Die leerders is nie net
ontvangers van kennis nie, maar die skrywers van hulle eie onderrig ervaring.
Ek sluit my vierde blog af met
die volgende aanhaling van Henry Ford.
“Coming together is a beginning; keeping together is progress;
working together is success.”
No comments:
Post a Comment